Theunissen Kampus 

Is jy opsoek na ‘n unieke skooltjie vir jou kind? ‘n Plek waar Christelike fondasies vasgelê word en waar jou kind leer om met maatjies te deel , mekaar te respekteer en liefde vir mekaar bo alles te hê?

Is jy opsoek na ‘n plek waar jou kind as geheel , liggaam , siel en gees tot sy haar volle potensiaal kan ontwikkel ? Dan is Koeitjies en Kalfies net die skool vir jou.

Address: 20 Smaldeel St, Theunissen, 9410
Phone: 083 983 9631 (Suréne Kotzé)
Email: surene@koeitjieskalfies.co.za

Skoolure is van 07:00vm – 17:00nm. Kinders kan enige tyd tussen 07:00vm en 08:00vm afgelaai word. Leerders wat na 07:30vm afgelaai word moet by die huis reeds onbyt nuttig.

  • Babas vanaf 4 maande 07:00vm – 17:00nm (Geen halfdag fooi nie).
  • Halfdag 07:00vm – 14:00nm
  • Voldag 07:00vm – 17:00nm
  • Alle kinders bring hul eie kosblikke met voedsame kos en genoeg drinkgoed.
  • Kosblikke en bottels moet duidelik gemerk wees.
  • Ontbyt word om 07:30vm genuttig en middagete om 12:00nm.
  • Voldag maatjies eet om 15:00nm vir die laaste keer.
  • n Gebalanseerde kosblik is baie belangrik.
  • Een vrug per dag saam met sap word tydens speeltyd aangebied.
  • Kinders moet elke dag ń waterbottel met vars water skool toe bring.
  • Basiese dagprogram bestaan uit: Ontbyt, Toiletroetine, Bybel, Temabespreking, Individuele assessering, Buitespeeltyd, Aktiwiteite, Storie tyd, Rustyd, Buitespel.
  • Slaap is nie verpligtend nie, maar wel rus. Geen kind mag ander aktiwiteite doen terwyl dit rustyd is nie.
  • Verskillende buitemuurse aktiwiteite word aangebied.
  • Hierdie aktiwiteite is nie verpligtend nie en daar word terselftetyd aktiwiteit in klas ook aangebied.
  • Registrasie en enige administrasie word direk met betrokke aktiwiteit se aanbieder gereël.
  • Skool/onderwyseres ontvang geen kontant namens ouers nie.
  • Ouers kry elke jaar geleentheid om vir 3 aktiwiteite te stem wat die volgende jaar aangebied sal word.
  • Ons skoolkwartale is dieselfde as Staatskole, maar ons is wel in Desember langer oop.
  • Die skool is wel oop tydens skoolvakansies, maar geen formele kurrikulêre aktiwiteite sal plaasvind nie. Ons bied ń vakansie program aan teen ekstra
    koste. Daar sal elke dag aktiwiteite met kinders gedoen word. Ure 07:00vm – 17:00nm.
  • Voldag inskrywings betaal nie ekstra fooie vir die vakansie program nie, slegs halfdag inskrywings (R120 per dag).
  • Die skool sal wel ń week in Julie sluit vir algemene opknappingswerk. Geen vakansieprogram sal daardie week aangebied word nie.
  • Desember: Skool sluit 15 Desember tot tweede Dinsdag in Januarie elke jaar.
  • Daar word deurlopend op Whatsapp groepies terugvoering gegee oor dag se aktiwiteite en temas.
  • Ouers het ook aparte Whatsapp groep waarop slegs die hoof kommunikeer.
  • Swartbord by ingang van skool.
  • Ons webwerf: www.koeitjieskalfies.co.za
  • Ons het ook ‘n Facebook Blad: Koeijties en Kalfies .
  • Juffrouens mag ook gekontak word tydens rustyd, 12:30nm – 13:30nm.
  • Geen boodskappe sal beantwoord word tydens klastye nie.
  • Eienaar en hoof is enige tyd beskikbaar vir navrae: Suréne 083 983 9631
  • Afspraak met hoof moet asb vooraf gereel word.

Wou jy nog altyd jou eie Kleuterskool begin? Het jy ‘n passie vir kleuters? Wil jy meer tyd by jou eie kinders spandeer?

Is jy moeg vir al die onnodige administrasie van departementele skole?

Skool Benodighede

  • Waterbottel wat behoorlik toemaak moet elke dag skooltoe gebring word. Aanmaak koeldrank word toegelaat. Geen gaskoeldank of energiedrankies soos powerade.
  • Ekstra stel klere volgens seisoen en sonhoed.
  • `n Gebalanseerde kosblik met gesonde kos. Geen lekkergoed.
  • Geen eie speelgoed mag saamgebring word skooltoe nie.
  • Skoolhempie word Vrydae gedra.
  • Alle skryfbehoeftes word voorsien en betaal deur Voorsieningsfonds.
  • Kinders op doeke moet eie doeke en benodighede bring.
  • Alle kledingstukke en waterbottels moet asb duidelik gemerk wees.

Spesiale Dae 

  • Konsert: Jaarlikse konsert. Toegangsgelde word gevra. Almal welkom om by te woon. Maatjies onder 2 neem nie deel aan konsert nie.
  • Kroningsoggend: Gr RR maatjies het formele funksie.
  • Gradeplegtigheid: Gr R maats het `n formele funksie.

Kurrikulum

  • Babas volg Practica en SOS kurrikulum tot en met 1 jaar.
  • Nasionale ELDA kurrikulum word gevolg (1 jaar tot 5 jaar) (Dept. van Onderwys).
  • Nasionale CAPS kurrikulum word gevolg (Graad R) (Dept. van Onderwys).
  • Daar word elke dag individueel gewerk met elke kind.
  • Klassies is klein sodat daar persoonlik aandag aan elke kind gegee kan word.
  • Rapporte word April, Julie, September en Desember uitgegee.
  • Deurlopende assesering word gedoen.
  • Kuns word aan einde van kwartaal huistoe gestuur.
  • Kinders wat minder as 75% bywoning het, ontvang nie rapport nie.

Skool Gelde

  • Deposito van R1000 eenmalig betaalbaar. Terugbetaalbaar slegs met 2 maande kennis.
  • Die jaarlikse voorsieningsfonds van R1100 sluit die volgende in: alle skryfbehoefte asook bak en brou.

Skool Gelde Volgens Opsies 

  • Halfdag (07:00vm– 14:00nm).
  • Voldag (07:00vm – 17:00nm).
  • Skoolfooie is vooruit betaalbaar voor 1ste van elke maand oor 12 maande.
  • Vakansiegelde word met inskrywings van Vakansie Program betaal.
  • Skool sluit Desember vakansie asook ń week in die in Julie vakansie.
  • Die skool begin weer die tweede Dinsdag in Januarie 2026.

Skool Fonds vir 2026

Babas: R1800 per maand (vanaf 1 jaar word gewone kleuterskool fooi gehef)
Half Dag: R1300 per maand
Vol Dag: R1800 per maand
  • Babas (4-12maande) betaal ook die voorsieningsfonds. Ekstra kostes soos skoolfoto’s en spesiale dae word gedek deur hierdie fonds. Hulle ontvang elkeen ‘n T-hemp en neem deel aan al die spesiale dae, maar nie die konsert nie. Hulle bring egter eie doeke, salfies, eie beddegoed, melk, bottels ens skooltoe.
  • Babas bring eie melk/ kossies. 

Algemeen

  • Ons werk volgens die ELDA kurrikulum en CAPS kurrikulum (Graad R) het elke week nuwe tema.
  • Babas werk op die Practica en SOS kurrikulum.
  • Ons skool is uniek omdat ons klassies so klein is EN omdat u kind se juffrou ELKE dag individueel met elke kind kan werk
  • Ons kan hierdie groot voordeel elke dag sien in ons kinders se vordering!

Bank Besonderhede 

Bank CAPITEC BANK
Takkode 470010
Rekening nommer  2374909847
Verwysing 

Gebruik asb spesiale verwysing op staat as betalings verwysing. (K&K…)