Meer Oor Ons / About Us
Skool Kurrikulum
- ELDAS kurrikulum word gevolg (Dept van Onderwys)
- Babas werk op die Practica kurrikulum.
- Daar word elke dag individueel gewerk met elke kind.
- Klassies is klein sodat daar persoonlik aandag aan elke kind gegee kan word.
- Rapporte word Julie en Desember uitgegee.
- Verslae word April en September uitgegee.
- Deurlopende assesering word gedoen.
- Kuns word aan einde van kwartaal huistoe gestuur.
- Kinders wat minder as 75% bywoning het, ontvang nie rapport nie.
Skool Uitstappies
- Skool het 2 uitstappies jaarliks. Februarie en Augustus. Ouers MOET kinders vergesel. Datums word reeds aan die begin van die jaar met jaarprogram deurgegee.
- Indien ouer nie kind kan vergesel nie, sal daar toesig by skool wees.
- Skool het 2 instappies. Tweede en Vierdie kwartaal. Iemand sal dan skool kom besoek .
- Geen kostes vir ouers.
- Babas word nie op uitstappies geneem nie.
Skoolbenodighede
- Waterbottel moet elke dag skooltoe gebring word. (geen sap)
- Ekstra stel klere volgens seisoen en sonhoed.
- Geen kosblik. Ons voorsien peuselhappie.
- Geen eie speelgoed mag saamgebring word skooltoe nie.
- Skoolhempie word Vrydae gedra.
- Alle skryfbehoeftes word voorsien.
- Kinders op doeke moet eie doeke en benodighede bring.
Kommunikasie
- Daar word elke dag op Whatsapp groepies terugvoering gegee oor dag se aktiwiteite en temas.
- Ons kommunikeer dmv eposse. anell@koeitjieskalfies.co.za
- Swartbord by ingang van skool
- Ons webwerf: www.koeitjieskalfies.co.za
- Ons het ‘n Facebook Page: Koeitjies en Kalfies
- Juffrouens mag gekontak word tydens slaaptyd, 12:30 – 13:30.
- GEEN boodskappe sal beantwoord word tydens klastye nie.
- Hoof enige tyd beskikbaar vir navrae: Anéll 084 515 3755.
- Afspraak moet asb vooraf gereel word met hoof.
Kalender
- Ons skoolkwartale is dieselfde as Midstream Laerskool, maar ons is wel in Desember langer oop.
- Skool is gesluit tydens skoolvakansies, maar ons het Vakansie Program teen ekstra koste beskikbaar. Daar sal elke dag aktiwiteite met kinders gedoen word. Ure 07:00 – 17:00
- Geen Vakansie Program vir een week in Julie nie.
- Skool sluit volle skoolvakansie in Desember.
Ekstra Aktiwiteite
- Verskillende aktiwiteite word daagliks aangebied.
- Hierdie aktiwiteite is nie verpligtend nie en daar word terselftetyd aktiwiteite in klas aangebied.
- Registrasie en enige administrasie word direk met betrokke aktiwiteit gereel.
- Skool/onderwyseres ontvang geen kontant namens ouers nie.
- Huidige aktiwiteite is Clamber club, Musiek, Swem, EQ4kids, Golf en Ballet. Dit mag van jaar tot jaar verander.
Dag Program
- Basiese dagprogram bestaan uit: Ontbyt, toiletroetine, bybelstorie, temabespreking, individuele assessering, buitespeeltyd, aktiwiteite, storie tyd, rustyd, vryspel.
- Slaap is nie verpligtend nie, maar wel rus. Geen kind mag ander aktiwiteit doen terwyl dit rustyd is nie.

Skool Etes
- Mieliepap, maltabella en hawermout word elke oggend bedien tot 08:15.
- Speeltyd word vrugte en koekies bedien en op Vrydae roomys.
- Middagetes is 11:30 en 12:00.
- Gebalanseerde eetplan deur dieetkundige uitgewerk, word bedien.
- Voldag maatjies kry 15:00 toebroodjies en sap.
- Kinders moet elke dag waterbottel met vars water skooltoe bring. Geen kinders mag uit krane drink nie.
- Sap word saam met middagete bedien.

Terms & Voorwaardes
Bepalings en voorwaardes van Koeitjies en Kalfies Kleuterskool:
Inleiding – Hierdie bepalings en voorwaardes geld vir alle inligting op sosialemediaplatforms asook webwerf van Koeitjies en Kalfies. Die webwerf www.koeitjieskalfies.co.za word gebruik om die skool te bemark en inligting beskikbaar te stel aan voornemende ouers. Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring van die gebruiker, gebruik alle inhoud van enige kommunikasie wat op enige platform geplaas word, op eie risiko. Deur die gebruik van die platforms gee die gebruiker aan die skool toestemming om hom/haar te kontak op enige van die kontakbesonderhede wat tydens inskrywings aangegee is. Die menings en kommentaar van gebruikers op webwerf of sosialemediaplatforms is hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die eienaar/skool nie. Die skool is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van enige aard wat die gebruiker mag lei of aangaan as gevolg van sy/haar toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op Koeitjies en Kalfies kuberruimte nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:
- Foutiewe inligting vervat op die webblad of enige kommunikasie wat van die skool ontvang word nie.
- Ongemagtigde toegang tot of wysiging van blaaie op kuberruimtes deur ‘n derde party
- Die onbeskikbaarheid van enige kuberruimte.
- Die vernietinging van die gebruiker se data of rekenaaroterusting, of die data of rekenaartoerustig van ‘n derde party wat die gebruiker gebruik het om toegang tot die Koeitjies en Kalfies kuberruimtes te verkry.
- Die gebruiker vrywaar Koeitjies en Kalfies teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen die skool direk of indirek voortvloei uit die gebruiker se gebruik van, deelname tot, of toegang tot enige kuberruimte.
- Die skool behou die reg voor om enige kuberruimte en/of die inhoud daarvan op eie diskresie en te enige tyd te verander, op te grader of op te skort.
- Die gebruiker is self verantwoordelik vir enige inhoud wat die gebruiker aan die skool stuur.
- Die skool sal nie verantwoordelik gehou word vir die verlies van enige inhoud wat die gebruiker op ‘n kuberruimte laai of daardeur aangestuur is nie dit is die gebruiker se eie verantwoordeliheid om self ‘n afskrif te hou.
- Die gebruiker vrywaar die skool teen enige lastereis wat die gebruiker moontlik teen ‘n ander gebruiker van die webwerf kan instel.
- Privaatheid – Die gebruiker gee toestemming aan Koeitjies en Kalfies vir die gebruik van persoonlike inligting wat ingesamel mag word deur die gebruik van die webwerf of deur die voltooiing van enige vorm aanlyn of fisies. Die skool sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is. Hierdie derde partye sal duidelik op die webwerf aangedui word. Die gebruiker gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat die skool persoonlike inligting mag verwerk en gebruik. Gebruiker het die reg om hul persoonlike data aan te vra wat deur Koeitjies en Kalfies gehou word. Sodanige navrae kan deur epos aan anell@koeitjieskalfies.co.za gerig word.
- Kopiereg – Die kopiereg, insluitend die uitleg, ontwerp, logo, grafika en multimedia-werke, fotos, videos wat daarop verskyn, behoort aan Koeitjies en Kalfies tensy sodanige regte uitdruklik deur die eienaar voorbehou is alvorens dit op die webblad gepubliseer is. Die handelsmerke en kentekens van Koeitjies en Kalfies is die skool se private eiendom en mag nie gebruik word vir eie gebruik nie.
- Klagtes Indien enige gebruiker ‘n klagte/grief oor ‘n enige spesifieke inligting, foto of video het, kan dit direk aan die eienaar gerig word by anell@koeitjieskalfies.co.za.
- Reg en jurisdiksie Hierdie vrywaring en bepalings is onderhewig aan en in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse reg, en enige dispute wat veband hou met hierdie vrywaring sal onderworpe wees aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van Suid-Afrika.
