Highveld Kampus (English & Afrikaans) 

Is jy op soek na ‘n veilige hawe waar ‘n Christelike fondament gelê word en waar jou kind basiese waardes soos deel, respek vir almal en liefde vir mekaar aanleer?

Waar ons omsien na die hele kind – gees, liggaam en siel – om te verseker dat hulle hul volle potensiaal bereik.
Dan is Koeitjies & Kalfies net die skool vir jou.

  • Skoolure is van 07:00 – 17:30. Kinders kan enige tyd tussen 07:00 en 08:00 afgelaai word.
  • (Neem asb kennis dat geen ontbyt na 8:15 bedien sal word nie.)
  • Babas vanaf 4 maande 07:00-17:30 (Geen halfdagfooi nie.)
  • Halfdag 07:00 – 14:00
  • Voldag 07:00 – 17:30
  • Pap word soggens bedien tot 08:15.
  • Vrugte en koekies word tydens speeltyd bedien en op Vrydae geniet die maats roomys.
  • Geen kosblikkies word toegelaat nie. (Uitonderings word gemaak vir allergieë.)
  • Geballanseerde eetplan is deur ‘n dieëtkundige uitgewerk.
  • Voldagmaats kry 15:00 toebroodjies.
  • Maats moet elke dag ‘n waterbottel met vars water in bring. Sap word saam met middagete bedien.
  • Basiese dagprogram bestaan uit: Ontbyt, Toiletroetine, Bybelstorie, Temabespreking, Individuele assessering, Uur Buitespeeltyd, Aktiwiteite, Storietyd, Uur rustyd, Buitespel.
  • Slaap is nie verpligtend nie, maar wel rus. Geen kind mag ‘n ander aktiwiteit doen terwyl dit rustyd is nie.
  • Verskillende aktiwiteite word daagliks aangebied.
  • Hierdie aktiwiteite is nie verpligtend nie en daar word terselftetyd aktiwiteit in klas ook aangebied.
  • Registrasie en enige admin word direk met betrokke aktiwiteit gereël.
  • Skool/onderwyseres ontvang geen kontant namens ouers nie.
  • Huidige aktiwiteite is Dans, Musiek, Swem, RSD Rugby, Clamber Club en Gholf
  • Ons skoolkwartale is dieselfde as Gauteng se provinsiale skole, maar ons is wel in Desember langer oop.
  • Skool is gesluit tydens skoolvakansies, maar ons het Vakansieprogram teen ekstra koste beskikbaar.
  • Daar sal elke dag aktiwiteite met kinders gedoen word. Ure 7:00 – 17:30
  • Voldag inskrywings betaal nie vir Vakansieprogram nie, slegs halfdag inskrywings betaal. (R120 per dag)
  • Geen Vakansie Program vir een week in Julie nie, skool gesluit!
  • Skool sluit die laaste Vrydag voor die Openbare vakansiedag (16 Desember) tot die eerste Dinsdag in Januarie elke jaar
  • Daar word deurlopend op Whatsapp groepies terugvoering gegee oor dag se aktiwiteite en temas.
  • Ouers het ook aparte Whatsapp groep waarop slegs hoof kommunikeer.
  • Addisionele inligting is beskikbaar op die swartbord by ingang van skool.
  • Ons webwerf: www.koeitjieskalfies.co.za
  • Ons het ook ‘n Facebook blad: Koeitjies en Kalfies
  • Juffrouens mag ook gekontak word tydens slaaptyd: 12h30 – 13h30
  • Geen boodskappe sal beantwoord word tydens klastye nie.
  • Hoof is enige tyd beskikbaar vir navrae: Anell 084 515 3755
  • Afspraak met hoof moet asb vooraf gereël word.

Wou jy nog altyd jou eie Kleuterskool begin? Het jy ‘n passie vir kleuters? Wil jy meer tyd by jou eie kinders spandeer?

Is jy moeg vir al die onnodige administrasie van departementele skole?

Skoolbenodigdhede

  • Waterbottels moet elke dag skool toe gebring word (geen sap nie)
  • ‘n Ekstra stel klere volgens die seisoen en ‘n sonhoed. Ons smeer sonskerm in die klas aan voordat ons na buite gaan
  • Geen kosblik nie (uitsonderings word gemaak vir allergieë)
  • Geen eie speelgoed mag skool toe gebring word nie
  • Die skoolhemp word op Vrydae gedra
  • Alle skryfbehoeftes word deur die skool se Voorsieningsfonds voorsien en betaal
  • Kinders wat doeke dra, moet hul eie doeke, doekdoekies en benodigdhede saambring
  • Alle kledingstukke en waterbottels moet asseblief duidelik gemerk wees

Spesiale Dae 

  • Familie Dag: Ons jaarlikse fondsinsameling. Lekker geleentheid vir ouers om mekaar te leer ken
  • Mammadag en Pappadag: Ouers kom kuier by kind se klas en doen saam aktiwiteit
  • Ouma en Oupadag: Kuiergeleentheid by skool vir grootouers asook aktiwiteit en Foto geleentheid
  • Konsert: Jaarlikse konsert buite in tuin. Toegangsgelde word gevra. Almal welkom om by te woon. Maatjies onder 2 neem nie deel aan konsert nie
  • Kroningsoggend: Gr R maatjies het formele funksie by skool

Kurrikulum

  • Die nasionale ELDA-kurrikulum word gevolg (Departement van Onderwys)
  • Elke kind kry individuele aandag tydens die klas
  • Die klasse is klein om te verseker dat kinders genoeg een-tot-een-tyd met die onderwyser kry
  • Verslae word in April, Julie, September en Desember uitgereik
  • Deurlopende assesserings word deur die jaar gedoen
  • Kunswerke word elke kwartaal huis toe gestuur
  • Kinders met ‘n bywoningsyfer van minder as 75% sal nie ‘n verslag ontvang nie
  • Babas volg die Practical- en SOS-kurrikulum tot en met die ouderdom van een jaar

Skool Gelde

  • ‘n Eenmalige deposito van R4500 is betaalbaar. Dit is slegs terugbetaalbaar indien twee maande kennis gegee word.
  • Die jaarlikse voorsieningsfonds van R1600 sluit die volgende in: T-hemp, spesiale dae, skryfbehoeftes, skoolfoto’s, toiletware, speelgoed, ens.
  • Geen geld word gedurende die jaar van ouers ingesamel nie.

Skoolgeld volgens die verskillende opsies

  • Halfdag (07:00 – 14:00) (Vakansiedae uitgesluit)
  • Voldag (07:00 – 17:00)
  • Skoolgeld is vooruitbetaalbaar voor die 5de van elke maand, oor ‘n tydperk van 12 maande
  • Vakansiegeld vir halfdagkinders word by registrasie vir die vakansieprogram betaal (slegs kontant)
  • Die skool is gesluit tydens die Desembervakansie sowel as vir een week tydens die Julie-vakansie
  • Heropening vind plaas op die tweede Dinsdag in Januarie

Skoolgeld vir 2027

Kleuters: R5 400 per maand (kleuterskoolgeld word gehef vanaf die ouderdom van 1 jaar)
Halfdag: R4 400 per maand
Heeldag: R5 000 per maand
  • Babas (4–12 maande) betaal geen voorskotfooi nie. Bykomende koste, soos vir skoolfoto’s en spesiale dae, sal gehef word. Hulle ontvang elk ‘n T-hemp en neem deel aan alle spesiale dae, behalwe die skoolkonsert.
  • Babas bring hul eie doeke, rome, beddegoed, melk, bottels, ens. skool toe.
  • Babas bring hul eie kos totdat ouers aandui dat hulle van die kleuterskool se spyskaart kan eet.

Algemeen

  • Ons werk volgens die ELDA-kurrikulum en het elke week ‘n nuwe tema.
  • Babas werk volgens die Practica- en SOS-kurrikulum.
  • Ons skool is uniek omdat ons klasse so klein is EN omdat die onderwyser elke dag individueel met elke kind kan werk.
  • Ons sien ‘n groot verbetering in hul vordering danksy die klein klasse en die verpligte Clamber Club (wat by die skoolgeld ingesluit is).

Bankbesonderhede

Bank ABSA
Tak-kode 632005
Rekeningnommer 4104415046
Verwysing Gebruik asseblief spesiale verwysing op staat as verwysing vir betaling (K&K)